n Teken
as die kerk se toring tuimel sal U my Moses-hande
tot sononder hemelwaarts rig
as die kerk se klok stil bly hang sal U dat die klippe in Lukas my swye voor die skare verbreek
as u Duif in m kerk nog n rusplek
vir die holte van sy voet kan vind
sal U n groen olyfblaar
vir my ark se kleingeloof pluk
