Habakuk 1
al sou die rosyntjiebosse in die bot staan en die kameeldorings grys bepeuld hang al sou die lammeroes algar drielinge dra
en die afrikaners blinkrooi in die krale drom
nogtans sal ek rouklaag tot God my Redder: my kind is dood
die Here  nes !Xu 
brei my sole
soos di van n Boesman in die wit Kalaharison laat Hy my kaalvoet loop
