Spoorsny
ek het u gekweste spoor gevat deur die gebrandskilderde ruite van menige kerk en katedraal om n enkele bloedmerk
aan n splinter van u kruis te vind
dog die spies-en spykermerke
het reeds toegegroei
helaas
sal ek di spoor
in die geloof moet sny
