KLEIDUIF
Nee, ek kan nie vlieg nie 
by die pieke waarvan ek jou vertel
kom ek nie eers in my verbeelding
uit nie;
ja, ek is n duif,
maar van voet tot kop
net klei;
Die siel waarvan jy praat,
vermoed ek, is die swam
wat aan die modder
van my maaksel hang.
Ja, ek is n duif
wat op n rak sy beurt afwag
om eenmaal te kan sweef
voor God se knal,
sy laaste sin in klont en stof
laat grond toe plof.
