Apostelbrief
liewe gemeente
aan Afrika se suidpunt ek skryf aan julle omdat ek verneem het:
om jul tempel te verruim werf julle die dakloses om stene aan te dra
en om die Boodskap verby di tempel
se mure te laat klink stuur julle n sendeling die Verre Ooste in
en sou iemand dors na sy geregtigheid skink julle Vyf Rose-tee n afloop van die diens
liewe gemeente
bowenal skryf ek aan julle as medegevangene
