Rentmeesters
Duits, Amerikaans, Japannees  elke blink fabrikaat
op die sewende dag voor die tempelpoort tot laer getrek
in die voorhof zoem dit oor die rekordbasaar in die allerheiligste klingel die tiendes
n hupstoot
vir die boufonds
en terwyl die Gewer van agter gerookte glas
asof uit die moederskamer di gewoel beloer
stap n motorwag sonder aalmoes  of Tyding 
sirkels om die kerk
