Verbi Divini Minister
bid jou aan
ses jaar lank moes hy vir skaapwagter studeer om sy kudde
deur die haak-en-steek na waters waar rus is te lei
dit kon n Kelpie
so l-l agter die trop sonder blaf of byt net so goed
of beter doen
