Geruis in die aandwind
horende doof
het ons u Woord vertaal en deur klankversterkers helder uitgesaai
ons sing selfs n nuwe lied vir ghitaar en tamboeryn wat iedere kind se ritme pas
siende blind projekteer ons u Skrif
elektronies teen die muur en oor ons harte
word u onverbleikte Boodskap op n T-hemp uitgedra
ek slaan my o op na die berge hoe sal ek in di paradys weer u Stem se geruis
in die aandwind kan hoor
