SOUT
Levitikus 2:13
Josef Stern het n soutmakery
hier op die lae lande van die sabkha. Woorde is min,
ingepekel of totaal afgeskilfer. Selfs die leivoor by die agterdeur spoel haar mond uit die pan met n knippie lafwater. Brakbossies staan op worteltone
as die dae daagliks nouer strop trek onder die opperhand van die son, maar die donkies swiep-swiep sterte vir n versnapering sout
en elke klip en steen straal glasuur.
Ons hou die deurpad na die Dooie See vir n korreltjie stof dop,
verwag bakkies met dromme drinkwater. Hulle s die Kidron en Hinnom l droog en in die verwaterde moerasstreek
van die sabkha het hulle bore ingesteek. Alles hier is ingevryf en toeberei.
Die bodem van die panne
maak die land teen its immuun.
As die dreun van die bakkies naderkom, hys Josef die Dawidstervlag,
wapper die soldate op die kruin van Jebul Usdum af. En hulle kom met drinkgoed en gewere,
neem staan-staan van die waters van Siloam, voete besel op die aarde van sout.
sabkha: soutpan
