Nuwe Jerusalem
ek kan sy skape s sien sit die geboggelde Gawies en skeeloog-Sannies
aan die regterkant van sy troon
en vanaf die linkerkant  so tipies bok:
oor die kloof gespring  die blink Stefaansies en laaistok-Lenies
uit n goue waskom al hurkende sy skape se voete aan t was
