Afrika
al sit jy so
met winterskurwe bene en n gesig vol vlie
langs jou huis van lat en klei  jou lag bly wit ivoor
en die snot op jou bolip trek n twee-spoor
oor die horison van my hart
rentmeesters
Planmatig
ons het die hoogste erf uitgepen om daar vir Hom n huis te bou eiehandig elke klip
gekap en waterpas gepak  op skaal van ons eie plan
ses dae lank stof ons af en poets die klok maar die sewende dag
is die sabbat van die Here
dan laat ons Hom met rus
