Saalhulp
dis sy wat getaxi van anderkant
die verbypad moes kom om verweerde wit lywe te was, te voer
en die onverteerbare in bedpanne weg te dra en snags
wanneer niemand daarvoor hande klap n koue voet
teen die winter te weer
dis sy wat van onderkant die broodlyn moes kom om die fyn linne
oplaas oor Ma se o te trek
en oor krummels by die begrafnistee vra n kind
 ewe belangstellend  ag, verskoon tog
hoes jou naam nou weer?
