J2K
Quo teneam vultus mutantem Protea modo?
oorlewendes sit soos hadidas
staar somber met gefronsde blik
vanaf beton en sink
oor sleutelbord en wrak
stede stegies wat van elke dak af
anders krom slange kabels
wat met elke krink
dieselfde vesel anders draai
en hoor die kreun van plante
meel gedou die kraak van spinnerakke
onder oksidemeton-metiel
die hyg van n nuwe dood
wat skeur deur die murg van rigters
en masjiene krete uit millennia van kruisiging
deurboor die waansin van getal
die hoop van mense van ellendiges
wat moeg geaard geeu
sonder burgerskap uit skuilplek
en graf vergeefs na onveranderlikes soek
net om weer soos raserny uit duisend jare
varke in oor kranse af te vlug
