Kontrak-Wambo
Pa het elke jaar kontrakgetrou n swart man met n Bybelnaam van die stasie af loop haal
om met hare fyn gekrul en melkwit tande
te was te stryk
die werf te vee
ek het nooit geweet nie
bedags loop hy en neurie met die wit kind
op sy gewillige skouers maar saans klank hy alleen
uit die Woord van sy Verlosser want om nege slaan die klokrel elke pasdraer tot huisarres
ek het nooit gevra nie
na twaalf maande
 so lui die kontrak  moes Josef terug
na sy gesiglose familie
agter ho palms en kraalmure van hout  ek druk my gesig in sy voorskoot
ek het nooit verstaan nie
