Beeltenis
Vir Elizabeth Gunter
Sy wou die hondjie eers voel 
met die vingertoppe sy buitelyne op die papier invryf  die boudjies en die kop van die varkhond,
die ganse varkhond moes sy fisies vat met die hol hande, die hol hart  Toe eers kon sy die houtskool
tussen die vingers vasknyp, begin lyne trek.
Hy het haar vir goed verlaat, haar alleen gelos,
tog bly sy na hom hunker.
Dit was meer as n lyflike smag: hierdie spelonk met weerklanke, hierdie yslike hiaat:
Haar ure was vroer vol, haar hande was vervuld besig met kook en versorg,
sy het nie bloot lief gehad nie. Nou was daar niks en niemand nie en die huis en die ure was leeg,
n blanko vel tekenpapier.
Sy maak n groot swart tekening: Die hondjie is die ligte kleur,
hy gee dimensie aan die gitswart niks.
Waar is hy, die herinnering? Wat het haar ontglip? Wat sal sy nou maak? Wie is sy,
sy wat so stukkend gebreek het, haar hart swaar soos klip;
