Siek windhond
Na n Griekse beeldhouwerk
Tn die gedealiseerde beeld van die klassieke tydperk, met kurwes perfek gerond en spiere gesond en bultend,
reageer laat-Helleense kunstenaars
en teken of beeldhou aan die werklikheid getrou by uitstek die onmooie  n bejaarde
vol plooie  vertolk selfs die verwronge.
Tog, juis in die leepo van die siek windhond  die uitsteekribbes,
die traag opgeligte voorpoot, die agterpote wat hoekig vanuit skraal heupe stoot  uit die hond se ganse houding smeek daar iets, tjank daar
n tjank van 200 voor Christus tot nou.
