Siwetkat
Die beseerde vrou l  weerlose prooi  rug teen die bakkie,
maar die sivetkat hou l om,
l om haar, loop in n halwe kring. Vir die hinas wat nadersluip, grom sy diep, n waarskusein,
krom haar spikkellyf terwyl die hare rys. Skielik hoes sy skerp sodat een kordate koes-koes tru met ore ietwat geplat.
Met stank het sy haar omgewe
sodat die asers geen tree nader kon waag. Jakkalsklein was die sivetkat wel,
maar in haar daag onverdrote fel.
Tog, hulle was n trop en sy was maar een.
Waarom het sy die verlamde onder haar sorg geneem?
Deur watter sein word sy bewus daarvan dat hierdie vrou in pyn vroer n mak sivetkat had?
Sy het met haar katlyf bly duingooi, teen die kwylbekke bly waak 
tot met dagrooi mensehulp opgedaag het. Toe het sy haar standplaas verlaat
en dadelik in die palmruigtes weggeraak.
