Kalahari-illusies
Vol in die seil
skeep die turkoois vlinders
 n flottielje op die blou poel  water in vir die vaart.
Takke met lang dorings fop, vorm n ystervark met penne. Geel disselblomme word die kolle van n weghol-luiperd.
Rooi sluimer die duin  skof van die Afrikanerbees. Geitjies tril saans keelvelle  klikker kodes klip teen klip
soos tromme indertyd in die donker.
Insekte loop skynbaar sukkel-sukkel en gly-gly die wal fynsand uit,
laat lang spore in spykerskrif
wat met die eerste wind wegskif 
