Olyfhoutkapper
Voor hy nog n polsende dooier was, n drywende fetus
kaal en veerloos in sy dop het U, die groot Beeldhouer, hom bedink en kundig
geweet hoe om hom te beklop:
U het sy kop sponsig gevorm, sy tong agter sy brein
soos n tou gekatrol
wat weer terug kan afrol.
U het die hok van sy brein verpak met min vloeistof, die ruimte tussen brein en skedel klein  bestand teen stamp en skok.
Voordat U asem deur sy holtes blaas, knyp U sterk spiere vas
vir die harde oopkap van n gat wanneer hy deur die hulsel breek, n nuwe houtkapperruimte sondeer.
