Die eerste ren
In die vaalveld by Aggeneys weet paddas en goggas dis wys om in die grond te skuil
teen die skerp straalson. Stokkiesrig dood staan die bosse  nog net die wortels leef;
bolle, knolle en saadhuisies wag. Net standvols soos tortels bly sit,
maar ooievaars van die noorde talm 
Met die ren se eerste neerslag begin die trekvols reis,
die watersak bars uit sy nate;
die son breek deur die wolkegrys.
Dis weer sonop in die middel van die dag: die blomknoppies stoot
en die kleure begin wys.
Die goggatjies loer uit die gate
en die skurwejantjies bak op die rotsplate  in die natveld by Aggeneys.
