OP NIEKIE SE BEGRAFNIS
Ons weefsel wat verwaarloos,
kneus en breek, los ons uiteindelik
voor ons van di dinge weet.
Ons, hedoniste, vir wie die lewe
in n bont rok dans en fyn verse
uit haar kaal bors voer,
skoenlapper uit die wurm,
vlerk op gedagtes na die plek
waar jy heen is 
maar daarvan weet ek s volkome niks,
bely ek: vir di veredeling is ek bang.
S, vandag sal ek net skink en dink
aan jou en aan dinge wat so werklik
soos jou dood is; halfmas hang.
