Gifmadeliefie
Lasiospernum bipinnatum, n meerjarige madeliefie-agtige plant
Die skaap moet liewers sawens wei winters op die Hoveld 
ook in die Oos-Kaap se kontrei. Bedags sien hulle vaal bossies en hulle raak skoon watertand
vir enige groenigheid op die land.
Die geil ganskweek vreet hulle kwyl-kwyl; maar dis gifmadeliefie en gee net maagsteek. Die o brand ook liggevoelig
agter die ore swel dit seer
en die onderpunt van die horing bly jeuk. Die trop se kondisie raak benard:
van brandoog en rondneuk l hulle vierpoot in die lug
en met bloeding op die hart 
