Was dit die manatee?
Manne met versluierde blik
en luste reeds weke lank onderdruk, hoor in die swiep van die see
n geroep, n sang vol heimwee.
Was die sirene wat Columbus beskryf, die manatees van die Goue Rivier wat wei op hiasinte en linte wier?
Vol hersenskimme en deur newels mis verwar hulle die wesens met spene, met verloklike langhaarsirene,
meen die matrose die glansende stertvinne is di van swemmende meerminne?
O, wee! Die verleiding van die see,
opruiend en swalpend met haar maanstondes en die glimmende lyf van die manatee,
die lispelende roep van die lippe, immer wegglippend 
