Bontkiewiet
Kiewiet, swart-wit geveer  hoog in die mode  kwetter kwinkslae, deklameer en demonstreer met vlerke wyd gestrek 
mankoliek en mankbeen loop sy, sleep met die een vlerk
sodat sy die lang streep steeds verder en verder van die spikkeleiers
in die sintelveld af trek 
haar hart se kode bly bedek.
