Besie
Name uit n essay van Uys Krige
Sonnebesie, diertjie van die son wat hoog en skril
tril en gil van die son, sittend in die boom.
Boomsingertjie, loftuiter van die boom wat suis van lig, mbongi wat prys:
die blare blink en hul blaai na die son!
Vang ek die singertjie onder die vlerk, dn brom hy berserk -
n ware bsbrommertjie
langs die gom van die soetdoringboom in die lig van die skuiwende son.
Hy wat uitgelate roep: die lewe, die son!
Uit die dro takkiesbos sit die waterbesie en skel: Die son skyn so fel, so fel; die rivierloop is dorrr
Waar bly jy Klitsklaterrrrr wat rrruis en wat lafenis bring?
Dalk kom jy, Waterrrr, as ek vir jou sing!
Selfs Kersfeesbesie doop hulle hom, want wanneer die doringboom blom skree hy dit uit: Die Heiiiii-
land, Hy wat lig bringgg, het gekom!
