Koersvas het hulle sand toe gewaad, haar trefseker bereik
en haar lyfsak met slurpies lint vir lint
verslind.
Optelvroue
n Skip is dikwels n drywende hotel: Aan die boeg klou vele verstekelinge  sebramossels, krappe  en ook kwalle. Ja, die kwal lyk al meer op n hoer,
n hoererende drel, n kwakkerige kwal! In die Swartsee vreet uitheemse kwalle hulle sakke vol aan plankton
sodat skole ansjovis uithonger en vrek. Ongenooid dring hulle deur die poort,
ongelys die huurvroue, hierdie wiebelrige pofbroeke, onwelkom, maar eis nogtans hul prys.
Ertjiesop
Vandag lyk die see pure snert, dik van dweil wees,
van poetsvrou wees
 deurmekaar geskommel  verstop met
tandeborsels en n gebreekte kam uit riole gestort,
