Jellievis
Met haar kwabbe gekrul soos deurskynende tulle
lyk sy op n kristalkandelaar  volgens feng shui iets wonderliks om kragte rond te blits.
Maar eintlik is die jellievis pure skyn, geensins onskadelik:
Bloubloedfamilie van die bloublasies is sy ook n holtedier met netelhare wat n mens behoorlik seer kan klits.
De Walletjes
Die kwal l in die misweer
 n opdrifsel in haar kwabbe  drillerig soos boude
wat frillerig uitfraiing
in haar deurskyn-onderbroek.
Deur hulle buisvormige hewels
het die toringslakke van haar verneem, haar getong op die gety,
haar lyfreuk ondersoek 
elkeen se voet n krullende onderwaterseil.
