BEWYSSTUK
Woorde op winkelkaartjies
onderstreep, notas oor son, versies
oor lief en skroom, word rekord,
briewe oor nagte kronologies
vir die gerief van Sy Edele
gendekseer en gepagineer 
formele blootlegging van flenters
uit die oorledene/beskuldigde
se hoop word by ooreenkoms
Bewysstuk C,
moet in die sisteem
teen wil en dank
voor n vreemdeling op n Bank
intiem kom lepell met bloed
en harsingkleur op fotos 
Bewysstuk D.
Here, nee!
