Tans
Ek neem jou aan:
Jy, Tans, is die naaste naaste wat n bestaan beaam.
Jy maak my dag:
Ek tob nie oor gister nie, en mre moet op jou voorstel wag.
Met jou weet ek
waar en hoe ek aan of af is: Op pad ken jy jou plek.
Laat ons verklaar
die band word nie verbreek nie, jou hier is hier, jou ja
jou ja; beloof
geen passie gaan verlore nie al l daar voor n kloof:
n Dans onheel
oor di ou hart bly omkeer sit  nogtans kry jy my by!
