My testament
Hoe hoog jy ook al draf op stilet en toon, die treurspel span nog steeds die kroon. Vondel sn die rym, Horatius die oorsprong, hier op stilet pleks van verhewe in styl, want in treurspel  misbruik seer sekerlik 
is ordinre dood metterwoon ook ondergebring. Om dus die rommel van lewe en kuns te testeer is om aanstalte te maak op pad na die kroon.
Treurspele is nie deel van my nalatenskap nie, in my lewe is dit nie uitgesluit  in wyer sin. n Halwe el beslaan my boeke op die rak, tantieme regverdig dalk later n kodisil.
Aan wrakke het ek hardlewend heelwat vergaar: n Paar Olivetti-tikmasjiene, n muislose rekenaar. My Watermans-vulpen maak van toeka af skande en my Leipoldt-ramkietjie hang sonder n snaar.
Veel is verloor of bly onvoltooi soos die WAT  geloof, hoop en liefde is net voorlopig gebind; die lemma van weet die zits na die end
en daar is vreugde in nuwe klousules te vind.
