Afdoen-end
Ek sal kan skik vir hierdie aarde soos hy op plekke nog bestaan iewers in n Bosveld of Karoo. Laat n hemelstad met goue strate maar na die ander gaan.
Daar is opsluit net een voorwaarde: Ek bring soos julle na daar bo
nie dood en sy trawante saam nie  ek sal kan skik vir so n aarde.
Hy spreek my grondig aan.
Voor die gevreet uit
Mens, word jy klein! Is dit van hardloop dat jy klein word
of net maar die kwyn van wat volwasse was,
van stoutmoedige vergryp die babalaas?
As dit die inkrimp is, as ek weer volledig suigeling word, onwetend, ongetrein, sonder vrees, ongans, ek net kan bied
dit wat ek te biede het: di onopgerigte lyf,
n bors, n sagte maag waarin die dood
sy popgesig popelend kan sink
of  rustiger  laat hoor nou was hy; das hy  dan swaai ek nog
met oerdom hande rond
tot ek die toegooidoek kan voel, kan vat,
dit kwylnat maak en deur my mond kan ondersoek.
