PAPIRUS
Ons hurk by die meer van Hula. Josua spit versigtig al om.
Die papirus kantel nie, maar leun na sy wortels diep ingekruip in water.
Teen die windkant druk die driedubbele stamme vas dat die rietskadus oor die water tas.
Weergalmend soos klokke skiet die blomme van stamme uit.
Die geboorte van n beskawing! Verteenwoordigers van antikwiteit!
Hier is die blou riet meer as n blou duit werd, vir die bewaarder is die moerasplant
n versperring teen woestynsand. Aan die oorkantste wal staar hulle vasgewater na mekaar.
Die geknaktes vleg mandjies
en stadig wieg die verstes onder blomsambrele rond. By my op n gebreekte spriet
haal n vink krassend sade uit.
Vir die armes is dit kos
en toue word nog daarvan gevleg. Ek tas aan die stam,
maak die bas versigtig af. Bevoel die papperige binnehuid. Met my sandaalhak kap ek pulp, plat dit versigtig oor klip
om die snerping van die son daaraan te heg.
Die langste rol is die Papirus Harris,
twee duisend jaar voor Christus  133 voet lank. Hout en strooipryse vir party.
Die kortes vir posie.
Ons ry weg toe die son onverwoesbaar n lang henna-inskripsie teen die kim l. Josua gaan sy buit in Wadi Maruba plant en ek sou op my skryfvel by my voete iets vir Israel wou s
om later ontdek te word op die Koemran-rant.
