Teen-woordigheid
Doen en late
word al meer en meer doelmatig aangepak: wydlopigheid vermy verskillendes gekombineer handgewys
toegespits.
Praatjies vir die vaak is versand  bespreek kry die betekenis van besweer:
Die vrees, die seer
word knelverbande teen die bloei, word lukraak
n vloekskoot,
die kleinste skande.
Snags oplaas weet ek hoe ek dit het:
Die wis en die onwis l kop en punt
op my enkelbed.
