Wat n verleentheid! Wat n las van jou skouers af: Jy is vry, dra niks aan nie, jou rekord
in jou lyf gepas. Daarby jou veiligheid voorop.
Met inenting van die mikroskyf is dophou maar net een aspek. Veel groter is die uitlewing, die minder word van stres omdat daar meer geleentheid is om jou luukses te veroorloof:
soos om in vrede jou koerant te lees, en, persoonliker, om met ink en pen die geliefde warm te skryf 
sedert die sluwe gansveerdigter
se Hebban olla vogala nestas hagunnan  sy dit sydelings  steeds doeltrefend in die aanraking van die intieme.
Hoe sou jy nie nou kon skryf, hier waar jy by die venster sit, jou o op n valhekslotmasjien:
Lief, glo dit, n houtkapperpaar het pas die parkeerterrein verken. Dit lyk asof hulle daaraan dink
om in die gebronste papierbasboom hul nes te sink.
