Een van Odusseus se skuilname.
Godin met die mooi hare sing terwyl sy weef
wat godinne vir hul lywe spin; haar deure swaai oop, haar hare waai haar borste bloot
en ek gaan binne waar heuning en wyn beswyming bring
en ek haar dier word wat
sin en rede met oorgawe verloor maar later, in vergetelheid gevang,
bly net n skoothond in haar bed nog oor.
Kirke en Kalupso skuil in elke vrou  nimf of godin wat in die pieke
of in laagtes woon; wie se aard en siel soos seewier in n storm verstrengel raak en wieg tussen drang en wil tot mag. Hoe smag die kryger
om n al die bloed en sweet weer seun te word en aan
n vrou se bors te l wat wag en weet: Die man is tuis en stil.
Met watter naam roep ek hom aan, Aardeskudder* wat vastelande in sy soutige greep vashou, Blouhaar wat die storms beheer  hy wat my van Ilios af haat
net om my aan die genade van see en wind en wulpse godinne oor te laat;
hoe kan ek vra as ek hom nie durf noem: dat ek net verlang om tuis te kom,
dat die dodelike see tog lank genoeg bedaar
dat ek nie van een ramp na n ander gewaai word nie. Hoe lyk genade wat beskik dat ek sy eenoogseun
se sig moes breek, sy wreld uit sy lewe brand dat hy sy skape nie kan tel en ek aan sy lieflingram
se pens kon klou en s ontkom aan n mensvreter se middagmaal?
Het hy Sikloop se klag gehoor
of hou hy hom maar doof en blind?
Hoor tog, blouhaargod wat die see rondom die aarde bind; ek is tog u kind, u roem daarop dat u my vader is 
skik dit dan so dat hierdie stadsverwoester Ithaka nooit weer sal sien!
Laat sy ellende groter word en hom nooit verlaat! Die nul het my mos uitoorl maar woel hom
in u woede vas, maak sy asem al die dae van sy swerwe kort en laat hom twyfel of hy Ilios se breker was.
Vir die dooies wat Ilios onthou, almal wat die aarde versadig het, berei ek n praalgraf met al die seremonies wat ek ken;
omring dit met gebede van rou dat die gestorwenes my nie vermy
maar met hul kennis van voor en na die dood verby die god se haat
na Ithaka kan lei:
Poseidon
makkers in die stryd wat onbegrawe iewers l, selfs hulle wat n die sege die pad huis toe byster was en
in die vreemde n lawwe dood moes sterf.
gebroke visioen: my ma in trane van tob en wonder oor haar seun by Ilios; my pa, alleen gelaat, teruggetrek in n pondok,
naam en status afgewerp, uit vrye wil tot basismens verklein, in velle en sandale aangetrek. Ek wil haar hou, sy glip
weg in die onaantasbaarheid van dood; ver van die hede, neerhalend kyk
na die onbenulligheid van lewe.
Oplaas die siener met die goue staf, die wyse siel uit die dorsland, verhewe bo geklets en vlakweg dink,
verwonderd dat iemand uit die son se lig verlang na toekomskennis van gestorwenes.
Hoe diep moet hierdie siel se sorge l dat hy sy eie sin nie glo
maar in wanhoop lig op hoop wil h? Hier is die lewe mos verban,
is als gestroop tot op die been  net die siel moet soos
die lig voortbestaan. Ek moet jou reguit s:
Aardeskudder se wrewel prut nog in sy hart, hy hou jou dop maar het nie die aloog
van die Songod wat jy op jou reis moet vind  n eiland waar heilige beeste wei,
waar jy jou drif in toom moet hou,
die versoeking om te eet moet tem
en vas dat jy jou lyf en kop skoon kan kry
van alles wat jy as suiwer menslik wil beskou.
Weet ek n die belydenis
van die gestorwenes wie ek is? Die nadraai van dood en lewe is bra vaag, en wat is eers
en wat is later?
Lewendes vergeet hoe vrugbaar is die band met dooies  Hades,
sluiter van poorte, versamel immers die mooiste van die oes.
Is ek dan Agamemnon op die water, nagkyker na die sterre oor sy boeg, wakker van verlange na Mukene n Ilios se bloed en swoeg,
min wetend dat hy reeds gesterf het in sy vrou se hart?
Is ek Achilles wat hom met wraak en vaardigheid op Hektor wreek en sonder kennis van genade
sy trofee deur Ilios se stowwe sleep?
Wou ek wel my ore met was laat stop om die sirenesange nie te hoor terwyl my beendere daarna smag
om in verbeelde dye te oornag?
Vermoed jy dalk in verre Ithaka dat ek n twintig jaar
as n jaloerse god se gyselaar my beeld van jou begrawe het,
dat my hart bokspring soos my skip
op die wispelturige see;
kon hofmakers jou dalk laat glo dat my belofte en verlange
soos Kassandra se gesigte oor Ilios gedoem is tot ongelooflikheid; het wag en trane jou heimwee tot wrewel laat verhard
en elke kyk na die le horison die hoop laat rafel tot verwyt?
Blare val nou in Ithaka,
elke tak gestroop tot op die bas dat net herinnering nog bly van al die kleure wat daar was. Dalk kom die ren
en druppels huiwer aan n tak se punt, elkeen n wreld van verdriet
oor kom en gaan wat stil raak in verlies.
En Ilios waar duisend lywe in hopies oor die aarde l,
die lewe n nat kol in die stof en skild en spies wat soos verlate speelgoed rondom l.
Nou moet ek aan vreemde kuste hoor hoe golwe oor die rotse klap  duisend spane plas in my kop
en dryf die skepevloed op Ilios se strande af;
al die krom, hol en rooiwangskepe, gelaai met woede terwyl
die meeue oor die blouste water swalk. Alles so helder op die horison
toe duisend o die silhoet van Ilios gewaar: elke verwagting in hart en spier
so skoon en in een wil tot mag verpak.
Maar wat het n die bloed en stof van alles oorgebly;
die lug was leeg, net spikkels rawe in n wentelvlug.
Van al die wil en skoonheid was daar niks te sien en in di leegte en suur rook van brandstapels het berou kom l.
Maar ook dit is ons nie gegun en moes maar wyk
voor die wraak van gode
op sterflinge se oormoed en aanmatiging.
Om stil te wees
in die suising van lewe en sterwe, om stil te wees
voor die gode wat arbitrr die lewensdrade span; om sonder vrees
vir stilte stil te wees.
Deur hoeveel poorte moet ek na die stilte gaan; is elke poort n binnetoets
dat ek die stilte kan verstaan?
Stilte kom mos nie in golwe nie, dit klots nie teen jou boeg
en Aardeskudder wat nie stilte ken sal ewig in sy woede
deur wind en water ploeg. S het hy my gedoem
tot hier waar ek nou voor die Ilios van stilte staan: dat ek nogmaals n slenter
moet beraam om stilte
se ontvoerders te verslaan.
Om stil te wees,
die self in self te keer
en tuis te kom in tuistelose ruimtes van die gees.
