Agternuus
(Aangepaste gedig uit Die Huisgenoot, 21 Maart, 1958)
Die wreld wag op nuus
oor prins William se aanstaande vrou (Sela. Solank hul vigs en volgriep met kondome/kordonne buite hou.)
Iran se kernkragprogram
lok van Bushies bunkerbomme uit. (Iewers in n konservatorium
oefen iemand Bach op n dwarsluit.)
Tussen stakers en polisie
waai klippe, rubberkoels en gas. (Draai tog net asseblief daai boutjie in Koeberg se reaktor vas.)
Uit Egipte se woestynsand
is n evangelie volgens Judas opgedelf. (As dit so aanhou, kom daar naand n evangelie volgens Jesus self.)
Nog moorde skud die land:
di keer n Arteswenner aan die Rand. (Maar ek is tydelik gekaap
met mooiweer op Nuweland.)
