As dit dan nie anders kan nie
As dit dan nie anders kan nie, die atel vir die narkosenaald reeds begin  dink daaraan dat dit n berig kan word,
jy weer in vakleerlingskap sal gaan, die hoofnuus in die eerste sin moet prop: die wat, wanneer, waar
beantwoord kort op die eie verslag tussen hakies, eksklusief.
Hoe lank die weggaan duur,
sal jy eers later kan bepaal, of nie. Sorg dat daar dan by jou koppenent
ten minste n HB-potlood, skerpgemaak, en n Croxley-notaboekie wag.
Dalk is die ewigheid n opvolgtyd vir stories in n terelfderuur-koerant.
