Komkommertyd
Die nuus raak yl, met minder diepte, terwyl alles trek na die verwagte. Lewe net maar met die liefde
en perdalks Erethusa in gedagte:
n Stroom wat hier kontoere skeur, raak eensklaps aan die daal
na waar niemand weet wat gebeur nie voor hy uitkom in n nuwe straal
om op n ander plek, n paradys, meer as groente te benat 
daar is niemand net komkommerwys, daar eindig al die vrae.
Die nuus raak yl na daardie diepte, waar niemand weet wat gebeur nie. Lewe net maar met die liefde
en Erethusa wat kontoere skeur.
