Die markies De Sade in die Bastille
Met my swaksiendheid leef ek lustig saam, dis trouens voordelig as dit kom by eet
en gevoelvol skryf, veral die fulmineer teen poppekonings wat prostitute stel bo n aristokraat soos ek.
Hul kan maar s ek is n tweegesig-narsis oor ek my hovaardig tooi en terselfdertyd saam met die gepeupel buite skreeu. Verstaan sal hulle nie: Dis ook n lewe om na te smag di van die miserabeles daar onder. Ek sal deur hierdie skietgatvenster, hoe ver ook al, die sweep bly klap.
Kom, lig jul fakkels, kom, breek af:
Daars dikker mure wat nog skeiding maak, maar di is n begin. Verbrand die state
en buit wat jul kan kry in hierdie graf.
As ons, ou vols, aan iets tog waarde heg, soos di beskrewe bondeltjies papier van my  vir hulle sorg ek self  laat dit persoonlik bly.
n Mens het jou behoetes  julle kan jul voorstel: n Warmbloedige man soos ek
met gutsende orgasmes moet hom hier met woorde op n vel papier behelp.
