Digters vir hor diens
   Verwoerdoproep, 31 Mei 1966
Sing, my liewe digters, uit die hart uit soos dit hoort, sing vir die inkennige, die vreemdeling in ons poort; laat die buitewreld weet jlle weifel nie, wat hier binne die goue uur van volk en tydgenoot verwoord!
Grensdigter Op Ps. 90 
Die stof vra voltrekking en jy moet dit bied  tog nie n loukop jy nie, speel daarmee klaar, los van die Moseswet oor ouderdom en verdriet: Dit het voorwaar teen di tyd al verjaar!
   Elikser
Hoe jy jou wyn ook al giet, in klei of in kristal, laat vloei daarmee saam n vers of n verhaal: n Versnit wat allig verantwoordelik is daarvoor
dat Farao se skinker kon aanhou om asem te haal.
