Woordmens
Sou iemand in n ander eeu dalk hierdie woorde lees,
sal hy ten minste een ding weet: Di pennelekkerbekker
hyt probeer op sy manier om na die lewe toe te leef.
Sou die iemand, verwant
bes moontlik, nog n beeltenis h wat hier as ondermens bestaan, en is dit wat hy lees, fragmente
of selfs net woorde, sal hul steeds s: Eens voor die uitslaantyd van are, die sloping deur weer en wind,
het ons hier by mekaar gel onder hierdie baard en hare met eie weefsel
ingebind.
