Waars
As jou lewenslyn die ene kraaineste raak en jy al swaarder op hardehout begin leun, kom gryp na die stafrym vir gedugter steun.
Skryf maar, hoe dowwer die kokkerneute kraak, skryf maar, want die diggelary kry n heerlike nuk om wat krom was by voorbaat reguit te maak.
