VIR RAYMOND
Wat sy verstand verloor het, voor hy dit regtens gekry het.
The protest against evil which is at the very core of metaphysical revolt is significant in this regard. It is not the suffering of a child which is repugnant in itself, but the fact that the suffering is not justified.
Albert Camus
speel-speel oor die teer
speel-speel van die skool af
albasterryk n oop dag in
godverlate voor die kar in
kyk rondom die advokaat
bo-oor die kurator ad litem
anderkant die regter vas
knipoog vir die psigiater
loop in die institusie vas
staar met doodbelope o
verveeld deur die illusie
van n justisie  lag
