Skrywersblok
Vrees die verstarde arm, die vergroening van die o (wat eens blou lug kon lees) deurdat hulle slegs sien hoe vinnig groei die gras  vrees die brein se onvermo om in lugleegtes in aansprake te glo.
Vrees die alleenmandaat van die pen op die papier, die still soos die stif
van n sweisapparaat waarvan die gastoevoer afgesny is, die blaasvlam teruggesuig, die asem ingesluk.
