Die dag ontkwaak
Nog n oggend het soos n geelbekeend agter oor die water opgekom 
trek die gordyne oop, kyk hoe hy hom lig, op sy donsige stert
n oomblik dans, sy vlerke sprei en juig dat jy hom
in die krop kan kyk.
Dis wat sy groot bek s:
Die vers waarop jy heelnag broei, is soek; dis anders, dis hier,
nie waar jy ingelaken l nie.
