Sverby
S niks, dan is daar niks. Maar dit is nie te s nie
as eindelik woorde my ontbreek dat ek nie dan nie
dat ek nie juis nie,
ek nie altyd, beminde,
jou nameloos lief kan h nie.
Niks s neem niks weg nie van wat die hart van vol is, dit swel soos met n springgety die somersee, en selfs
al sou die woorde faal
en het ons n bietjie ingel, sal die liefde hom steeds
uit die verskiet te kenne gee.
