Gegooi op my klein Ben
Betroubaarheid
is my klein Ben se ander naam: Geyk miskien di uitdrukking maar met veel meer gewig
as agteros kom ook in die kraal. Wat wil die volksmond
met laasgenoemde s 
dat agterosse kraal toe dwing
om daaruit weer maklik hi gejaag, gejuk en ingestrop te word?
Solank daar lewe is, is daar dood, daarom laat ek my slegs gevange hou deur die klein makker, wekker Ben; hy loop nog soos n droom
en wek nog elke mre pligsgetrou.
Soos weer vanmre. Slaap voort, my lief. Di agteros het nog te veel te dwaal
om nou al, mak gemaak, die hek op sy hakskene te voel toeklap.
Die berge anderkant ons agterste Agterberg strek tot in die ewigheid 
klein Ben het weer eens verniet gewek. Ek sal terug wees vir ontbyt.
