Oudagsprokie
Wat kan ek, geliefde, vir jou gee
wat die disas van Kompasberg se kruin in jou o sal ewenaar?
Kan ek, buitensporig soos n kind, aanbied om die maan te kaap, ons lank vermaledyde maan, hom weer tot bo jou bed te bring en aan jou blinding op te hang
vir wanneer jou hande tuis begin te raak?
Om vir jou die maan te kaap
sal ek op die hoogte kom van pynverlies deur die gewigloosheid van so n reis, sal net my sleutellampie hoef te brand om roetes te bepaal terwyl jy slaap.
In die nanag word ons maantjie ingekwartier en ons gelaat om priller lief te h,
ons gesigte weer uitspansels vir mekaar. Ligdag sit ek my beste voetjie voor
om n string Starking-appels te gaan koop  weet ek dat jy, as jy maar kon,
hierdie ruimteman se end met palmtakke uit sou l.
