Aan my jufrou-vrou
Laat my in die laaste van my dae n seuntjie in jou hulpklas wees, n outjie van die veld gevang,
skurwe knie en hande vuil van grou; kyk na sy donker naels en vra wanneer is sy dooie kat begrawe
en wanneer sal hy ophou rou.
n Lomperd hy, wat te hard druk op n potlood splinterig gekou met spierwit tande, sonder om vir n kroon of brug te vrees;
sy onwennige vermons ingestel op bs en ds waarvan die mae
l verkeerdom lol terwyl hy tong buite die kies probeer om baie liefde uit te spel.
Sy ore di sal oop wees vir wanneer jy soja daarin sou wou plant.
En hy sal jou eksamenvrae
volledig uitskryf voor die antwoord, sodat hy wanneer almal weg is
n skool by jou kan agterbly.
