Stoepsitter
Aan die oorwoekering van ons tuin, my lief, is ek aandadig omdat ek niks doen nie,
nie die snoeiskr inl in die noem-noem nie, nie die rande van die outeniekwa bykom nie.
Ek het my hande die saligheid beloof, laat hul oogluikend toe tot duime draai, laat Gods bosveld oor Gods grasveld loop, met vooraan rooikrans en wilde slaai.
In die kronkelpaadjies raak my spore min
en geensins diep nie, word spoedig toegewaai deur n ooswind wat die seesproei bring
om ons verdrukte plante dood te skroei.
Iewers in die verwilderende struikgewas is aangeslane skoonheid nog te vind;
ek moet my ou gereedskap vat, my hoed opsit, selfs net vir skadublomme sny.
As die wonderwerk, hoe laat ook al, gebeur, kry ek, my lief, vir verder soek nog krag. Wie weet, iets onsterliks soos n amarant
skemer dalk tog deur in hierdie skommelvrag.
